Lughawe Londen-Gatwick | |||
---|---|---|---|
IATA: LGW – ICAO: EGKK | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Eienaar | Ivy Holdco Limited | ||
Operateur | Gatwick Airport Limited | ||
Bedien | Londen, Verenigde Koninkryk | ||
Ligging | Crawley, Wes-Sussex | ||
Geopen | 1933 | ||
Spil vir | |||
Fokuspunt vir | |||
Hoogte bo seevlak | 203 vt / 62 m | ||
Koördinate | 51°08′50″N 0°11′25″W / 51.14722°N 0.19028°W | ||
Webtuiste | |||
Landkaart | |||
| |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
08L/26R | 2 565 | Teer | |
08R/26L | 3 316 | Teer | |
Statistieke (2021) | |||
Passasiers | 6 260 072 | ||
Lugbewegings | 52 000 | ||
Hekke in terminaal | 115 | ||
Bron: VK-lugvaartinligtingspublikasie by NATS[1] |
Lughawe Londen-Gatwick (IATA: LGW, ICAO: EGKK) is 'n belangrike internasionale lughawe 5 km noord van Crawley, Wes-Sussex [1] en 48 km (30 myl) suid van Londen-sentraal geleë.[2] Dit is Londen se tweede grootste internasionale lughawe en die tweede besigste gemeet aan totale passasiersverkeer in die Verenigde Koninkryk, naas Heathrow. [3] Verder is Gatwick Europa se voorste lughawe vir punt-tot-punt vlugte en het die wêreld se besigste enkelgebruik-aanloopbaan met 'n maksimum van 55 vliegtuigbewegings per uur. [4]
Die Noord- en Suidterminale strek oor 'n gebied van 98 000 m2 en 160 000 m2 onderskeidelik. [5] In 2013 het 35,4 miljoen passasiers gebruik gemaak van Gatwick. [6]
Vanaf 1978 tot 2008 het baie vlugte ná en van die Verenigde State Gatwick gebruik as gevolg van beperkings op die gebruik van Heathrow tussen die Verenigde Koninkryk en die VSA, soos geïmplementeer in die Bermuda II-ooreenkoms. [7] US Airways, Gatwick se laaste oorblywende Amerikaanse draer, beëindig hul diens vanaf die lughawe op 30 Maart 2013. [8] Dit laat Gatwick sonder 'n geskeduleerde Amerikaanse lugredery vir die eerste keer in meer as 35 jaar. [9] Die lughawe dien tans as basis vir geskeduleerde operateurs soos Aer Lingus, British Airways (BA), EasyJet, Jazeera (Koeweit), Norwegian Air Shuttle en Virgin Atlantic, asook Thomas Cook en Thomson.
Gatwick is uniek onder Londen se lughawens met 'n beduidende teenwoordigheid uit elk van die drie belangrikste lugrederybesigheidsmodelle: voldiens (33%), laekoste (55%) en huurvlugte (11%).[10]
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search